KOMPETISIE REËLS

Tafklub bied vanaf Januarie tot November maandeliks ʼn interne klubkompetisie aan.  Die kompetisie geskied op die derde Dinsdag van elke maand (soos die program bepaal).

Die kompetisies word normaalweg in hibriede vorm aangebied (virtueel en fisies bymekaar).  Indien daar uitsonderings is, sal dit op die Tafklub se Facebook of WhatsApp kommunikasie gedeel word.  Daar is die digitale afdeling en die gedrukte afdeling.  Die gedrukte kategorie word slegs aangebied indien vergaderings fisies geskied.

  1. Daar is twee kategorieë in die kompetisie: ope en vaste tema. Indien fisies vergader, is daar ook ‘n ope gedrukte kategorie (die vaste kategorie se tema wissel maandeliks).
  2. ‘n Totaal van vier foto’s mag elke maand ingeskryf word.

    * Jy hoef nie vir al die kategorieë in te skryf nie, maar indien 4 foto’s ingeskryf word, is een foto in die vaste kategorie verpligtend.

    * In die vaste – (en indien tersaaklik – gedrukte kategorie) kan daar maksimum 3 en in die ope kategorie maksimum 3 foto’s ingeskryf word. Die                  totaal mag nie 4 oorskry nie.

  1. Foto’s wat in die vaste kategorie ingeskryf word, moet in die afgelope vorige 24 maande geneem wees.
  2. Dieselfde foto mag nie meer as een keer vir ʼn klubkompetisie ingeskryf word nie, selfs nie eers in ʼn ander medium of kategorie nie (dieselfde foto mag egter vir verskillende salon kompetisies ingeskryf word). Foto’s moet deur die fotograaf self geneem word.  In saamgestelde foto’s moet alle elemente in die foto deur die fotograaf self geneem of gedoen word. Foto’s mag geen watermerke hê nie en in die regte formaat en kategorie ingeskryf wees.  Indien ʼn foto nie volgens klub reëls kwalifiseer nie en nog nie beoordeel is nie, mag so ʼn foto ontrek en reggestel word en weer vir ‘n volgende kompetisie ingeskryf word.
  3. Enige foto kan in die ope en gedrukte kategorie ingeskryf word en sal volgens die soort foto beoordeel word, bv. indien daar ʼn landskapfoto ingeskryf word sal dit beoordeel word volgende landskap se waardes. Indien dit ʼn saamgestelde foto is, sal dit volgens saamgestelde foto’s beoordeel word.
  4. Tafklub skryf slegs fotos in ander kompetisies (PSSA of interklub) in, van lede wie Tafklub as hulle primêre klub aangedui het. Indien ʼn fotograaf Tafklub as sy primêre klub gekies het, behou die klub die eerste reg om daardie foto in enige Interklub kompetisie in te skryf. Volgens WCPF het die primêre klub van ʼn lid het alleenreg om sy lede se foto’s in te skryf vir Interklub.
  5. Digitale inskrywingsword via Photo Vault gedoen.  Grootte van digitale foto’s: 96 dpi, maks 1920 pixels wyd, maks 1080 pixels hoog en maks 2Mb groot.
  6. Gedrukte inskrywings (indien van toepassing). Digitale weergawe van gedrukte inskrywings moet ook na photovault ingeskryf word op dieselfde wyse as hierbo uiteengesit. Moet in ʼn monteerbord op die aand van die kompetisie teen 18:30 voorgelê word met die nodige inskrywingsvorms aangeheg.  Grootte van inskrywings kan wissel tussen A4 (203mm x 305mm) en A3 (305mm x 457mm), nie noodwendig met die spesifieke dimensies nie.  Die foto moet in ʼn monteerbord (mounting) aangebied word wat nie ʼn raam (“border”) van 50mm oorskry nie, d.w.s. die montering se maks grootte is 397mm x 520mm vir ʼn A3 foto. Elke foto moet met ʼn vorm vergesel word wat die naam van die foto en fotograaf bevat. Dit moet agteraan die foto vasgeheg word
  7. Dien asseblief jou foto’s in via Photo Vault Online voor 23h59 op die Woensdag voor die kompetisieaand.
  8. Vir inligting hoe die Photo Vault werk – kontak die bestuur op tafklub@gmail.com
  9. Die kompetisie sal deur een of meer bevoegde persone (soos deur die komitee aangewys) beoordeel word. Die persone wat beoordeel moet op die PSSA se lys van beoordelaars verskyn.

  12  Die beoordelaar wys vir die vaste, ope (en gedrukte)  kategorie ʼn wenner en naaswenner vir die aand aan (normaalweg geskied dit volgens                   die  puntetelling).  Uit die voorafgaande word ʼn algehele maandwenner aangewys.  Daar word ook ʼn junior maandwenner vir die aand aangewys.               Indien daar in een kategorie minder as 5 foto’s ingeskryf word, word daar nie ʼn wenner aangewys nie.

  1. Die voorsitter of ʼn paneel deur hom/haar aangewys skryf uit al die bogenoemde foto’s (paragraaf 12) maandeliks ʼn junior en senior inskrywing by PSSA maandelikse kompetisie in. Dit is egter hulle prerogatief om enige foto in te skryf wat die beste kans staan om goed te doen.
  2. Al die kategorie-wen foto’s en maandwenners van elke maand, vorm deel van die nominasielys waaruit klublede aan die einde van die jaar stem om die foto van die jaar aan te wys.
  3. Die voorsitter en ʼn paneel deur hom/haar aangewys skryf uit al die klubfoto’s van die jaar die beste foto’s by die interklub kompetisie in. Indien moontlik word gepoog om soveel moontlik van al die lede se beste foto’s te betrek.

  16  Hoe skryf ek in? Deur Photovault  Kliek hier- Hoe werk PhotoVault?

  17. Die puntetoekenning werk op ‘n glyskaal volgens jou stergradering

Ster Status

Geen

Brons

1 punt

Silwer

2 punte

Goud

3 punte

Meriete

4 punte

1 Ster

1-3

4-5

6-8

9-11

12-15

2 Ster

1-4

5-6

7-9

10-11

12-15

3 Ster

1-5

6-7

8-10

11-12

13-15

4 Ster

1-6

7-8

9-10

11-12

13-15

5 Ster

1-7

8-9

10-11

12

13-15

Meester  Brons

1-9

10

11

12

13-15

Meester Silwer

1-9

10

11

12

13-15

Meester Goud

1-9

10

11

12

13-15

Meester Platinum

1-9

10

11

12

13-15

Meester Diamant

1-9

10

11

12

13-15

Senior Meester Brons

1-10

11

12

13

14-15

Senior Meester Silwer

1-10

11

12

13

14-15

Senior Meester Goud

1-10

11

12

13

14-15

Senior Meester Platinum

1-10

11

12

13

14-15

Senior Meester Diamant

1-10

11

12

13

14-15

      

 Punte wat lede kan verwerf tydens kompetisies:

  • Klubpunte (per foto)

Meriete: 4 punte

Goud: 3 punte

Silwer: 2 punte

Brons: 1 punt

Kompetisie wenner [kategorie]: 1 ekstra punt

 Kompetisie wenner [maand-wenner]:1ekstra punt

Klubbeoordelaar: 12 punte (4 goud)

     * Salonpunte

Salonpunte kan verdien word met toekennings wat behaal is in PSSA Nasionale. Salonpunte word vir alle mediums in ag geneem – digitaal en gedrukte foto’s. ʼn Foto kan slegs 3 keer vir ʼn salon aanvaar word om erkenning (punte) te kry.

Salon aanvaarding:             1 punt

Salon COM:                       2 punte

Salon medalje:                   3 punte