Wat bied Tafklub vir sy lede?

Die trotse klub is die tuiste van entoesiastiese mense wat lief is vir fotografie.  Ons probeer dat elkeen baie tuis voel in die groep en gee om vir mekaar. Ons help mekaar sodat elkeen homself kan verbeter en trots kan wees op sy eie fotos.

Elke maand is daar ‘n tema. Rondom die tema gebeur daar drie dinge.

  1. Daar is ‘n vaardigheid-aande wat jou meer leer van die onderwerp
  2. Daar is ‘n fotografieuitstappie waar jy die vaardighede wat jy geleer het, kan oefen en by ander te leer.
  3. Daar is ‘n kompetisieaand. Met so aand kompeteer jy teen jouself en leer jy by kundiges hoe om jou foto te verbeter.

Verder bied Tafklub

  • Wonderlike vriendskap van mense wat dieselfde passie deel
  • Gereelde werkswinkels om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer
  • Blootstelling aan ‘n netwerk van werkswinkels wat regoor die Kaap aangebied word
  • Klub mentors wat jou persoonlik sal begelei tot beter fotografie.
  • Blootstelling aan ‘n netwerk van fotografie vriende
  • Lede leer mekaar van Foto- redigering, programme ens.
  • Blootstelling aan internasionale kompetisies
  • Deelname in die taal van jou keuse
  • Vars fotografie nuus –elke maand