Tafelberg Fotografieklub, ook bekend as Tafklub is bedoel vir mense wat ‘n passie vir fotografie deel. Of jy nou die eerste keer ʼn kamera optel, ʼn gesoute fotograaf is, fotografie as ʼn stokperdjie beoefen of selfs ʼn professionele fotograaf is – die besonderse klub bied iets vir almal.

Aansoekvorm ( Kliek om af te laai)

LEDEGELD 2024

Ledegeld vir  hierdie jaar is as volg:

  • Ledegeld vir alle lede beloop R430 per lid per jaar(1 Januarie tot 31 Desember). Dit is betaalbaar voor   1 Maart 2023. Indien nodig kan die bedrag  in twee paaiemente betaal word.
  • Die lede wat nie teen 1 Maart 2024 hul ledegeld betaal het nie en nie met bestuur ‘n reëling getref het nie, sal nie aan kompetisies kan deelneem nie.
  • Geen ledegeld vir erelede en skoliere.
  • ‘n Eenmalige intree fooi van R50 per nuwe lid, nie terugbetaalbaar nie.
  • Nuwe lede se ledegeld beloop R430 per lid per jaar. Nuwe lede wat vanaf Julie maand aansluit, se ledegeld verminder maandeliks pro rata.
  • Indien lede wil bydra tot ons hulpfonds om lede wat nie kan betaal nie te help, is hulle meer as welkom om meer by te dra. Meld asseblief net in u verwysing: HULPFONDS/Naam & Van.  U is welkom om die skenking anoniem te doen.

Rekeningnaam:         Tafelberg Fotografieklub
Bankbesonderhede:    ABSA Bank
Tipe rekening:             Tjek
Rekeningnommer:       9149865821

Verwysing:                    LEDEGELD/Naam & Van

 Bewys van betaling: Bewys van betaling moet per e-pos gestuur word na tafklub@gmail.com.

Byvoorbaat dankie vir die betaling.
TAF BESTUUR