Gedurende 2005 het Jan Swiegers, sy idee om ʼn fotografieklub te stig met ʼn paar vriende gedeel.  Daar was reeds baie fotografie klubs in die Kaap, maar nie een waar die gebruikstaal Afrikaans is nie.  Hulle het gevoel dat hulle hul stokperdjie in Afrikaans wil beoefen.  Dit het soveel byval gevind dat die Tafelberg Afrikaanse Fotografieklub op 20 Augustus 2005 met 16 lede gestig is.  Die eerste byeenkoms is by Brackenfell se biblioteek gehou.  Die klub is geaffilieer by die PSSA (Photographic Society of South Africa).

Lede teenwoordig met stigting:

Voor (vlnr):         Chantél Swiegers, Maré Jacobs

Middel (vlnr):    Alicia Greyling, Monica Muller, Petra Beyleveld, Mariëtte Schoeman, Teresa Lourens, Esmari Wium, Hanneke Loots

Agter (vlnr):       Jan Swiegers, Niel Swart, Jacques Cronjé, Kenny Nagel, Abrie Marais, Neels Beyers (Gasspreker/Direkteur PSSA: Wes-Kaap), Anton Fouché

Dit het harde werk van die bestuur geverg om die klub staan te maak en om die klub finansieel te maak werk.  Hulle het egter nie moed opgegee nie.  Baie van hulle het by Sanlam gewerk en dit het sin gemaak om die klub in te skakel as deel van Sanlam se buitemuurse klubs, maar sedert 2016 het die klub weer onafhanklik van Sanlam gefunksioneer.  Behalwe dat die meerderheid lede nie meer by Sanlam werksaam was nie, het daar ook ʼn behoefte ontwikkel om losstaande van Sanlam te funksioneer.  Die naam het in 2016 ook verander na Tafelberg Fotografieklub.  Vir baie jare het die klub by Chrismar Villas vergader.  Met Covid het die klub vir twee en half jaar slegs virtueel dmv Zoom vergader.  Die klub het egter deur die Covid tyd soveel landswye lede bygekry (wat slegs op Zoom kan inskakel) -dat daar besluit is om hibriede byeenkomste aan te bied maar by Logos Christelike kerk se saal. 

Die klub het ʼn jaarlikse uitstalling in die Sanlam kunsgalery gehad, maar sedert Covid het die klub na ander venues vir die uitstalling geskuif. 

Die klub neem deel aan die PSSA en Wes-Kaapse jaarlikse Interklub kompetisies. Deur die jare het Tafklub baie prestasies gehad en was onder andere in 2013 die Wes Kaapse Interklub wenner. Die klublede presteer ook goed op PSSA se Impala lys.  Van die klub se lede het al groot suksesse behaal in verskeie nasionale en internasionale salon kompetisies.  Tafklub het ook in April 2010 die klub se 1ste Nasionale Digitale Salon met groot sukses aangebied en het nou reeds 12 nasionale salonne suksesvol aangebied. 

Vandag is Tafelberg Fotografie klub ʼn sterk en passievolle klub met baie talentvolle lede wat mekaar help om in fotografie te groei.  Daar word in die omgangstaal na die klub as Tafklub verwys. 

Voorsitters deur die jare: 

2005-2009            Jan Swiegers

2010                       Nico Ras

2011-2012            Derrick Nel

2013- 2016           Niel Goslett

2017-2018             Christo Giliomee

2019                       Juan Venter

2020-2022            Mariana Visser

2023-2024           Quintus Heine