Tafelberg Fotografieklub
Wanneer ‘n fotograaf aansluit by die klub is hy/sy outomaties ‘n 1-ster. As die lid voorheen aan ‘n ander klub verbonde was mag sy/haar vorige toekennings in ag geneem word vir die bepaling van die sterstatus.
Toekennings in klubkompetisies word op ‘n glyskaal volgens ‘n lid se ster status gedoen. Sien die tabel hieronder. Hierdie toekennings word dan in punte omgeskakel word om ster-punte te verkry. (Brons=1, Silwer=2, Goud=3, Meriete=4, en 1 addisionele punt vir ‘n kategorie wen.) Tans vind beoordeling plaas as ‘n punt uit 30.
Foto punt uit 30 | ||||||
Status | 1-Ster | 2-Ster | 3-Ster | 4-Ster | 5-Ster | Meester |
Geen toekenning | 00 – 09 | 00 – 11 | 00 – 13 | 00 – 15 | 00 – 15 | 00 – 15 |
Brons (1 punt) | 10 – 13 | 12 – 15 | 14 – 17 | 16 – 19 | 16 – 19 | 16 – 19 |
Silwer (2 punte) | 14 – 17 | 16 – 19 | 18 – 21 | 20 – 23 | 20 – 23 | 20 – 23 |
Goud (3 punte) | 18 – 26 | 20 – 26 | 22 – 26 | 24 – 26 | 24 – 26 | 24 – 26 |
Meriete (4 punte) | 27 – 30 | 27 – 30 | 27 – 30 | 27 – 30 | 27 – 30 | 27 – 30 |
‘n Lid vorder deur punte en goue toekennings te versamel in klub en salon kompetisies. Punte word verkry deur brons, silwer, goue en meriete toekennings wat in kompetisies verwerf word. Indien jou foto ‘n kategorie wenner vir die aand is word daar ‘n bonuspunt by jou totaal gevoeg.
‘n Vasgestelde aantal goue/meriete toekennings en punte word benodig om te vorder na ‘n volgende ster status. Vir die meer senior statusse word salon punte addisioneel vereis.
Vanaf begin 2013 is daar net een kombineerde ster status, en punte verdien in gedrukte en/of digitale mediums dra by tot hierdie ster status.
Om te vorder na ? volgende ster status moet ? klublid aan al die gespesifiseerde kriteria voldoen, bv. om te vorder na ‘n 4-ster moet jy ten minste 168 klubpunte EN 42 Goud/COM toekennings verwerf het, EN jy moes reeds 6 punte met salon toekennings verwerf het.
Vordering | Klubpunte | Aantal Goud/COM | Salonpunte |
1 – 2 ster | 24 | 6 | – |
2 – 3 ster | 72 | 18 | – |
3 – 4 ster | 168 | 42 | 6 |
4 – 5 ster | 288 | 72 | 26 |
5 ster – Meester | 488 | 122 | 86 |