Uitstappies

Tafelberg Fotografieklub

Praktiese fotografiese uitstappies is ‘n belangrike deel van die klub en daarom is daar spesiaal ‘n portefeulje op die bestuur daarvoor.

Die doel van klubuitstappies is om klublede se vaardighede te verbeter deur middel van oefening en die deel van fotografiewenke deur meer ervare fotograwe.

Die bestuurslede verantwoordelik vir die uitstappie-portefeulje kwyt hulle jaarliks uitstekend van hulself. Indien mens in ‘n posisie is om die uitstappies mee te maak, moet dit beslis nie gemis word nie.

Die sosiale koffietjie, ontbyt of kuier na die uitstappie is ‘n goeie manier om verhoudings te bevorder, vriendekringe uit te bou en natuurlik is dit baie goed vir die klub se spangees.

Die datums van die maandelikse uitstappies en Tafklub naweek is beskikbaar op die jaarprogram.

Maak ook seker jy raak deel van die WhatsApp en Facebook groepe waar klublede voorstelle maak van informele uitstappies.

Die sosiale koffietjie, ontbyt of kuier na die uitstappie is ‘n goeie manier om verhoudings te bevorder, vriendekringe uit te bou en natuurlik is dit baie goed vir die klub se spangees.

Groot Constantia

Nagfotografie

BoKaap & Bloemendal Kanon Vuur

Greyton Naweek

Theewaterskloofdam

St.George Katedraal & Tuine

Rondomskik & McGregor Naweek

Bloubergstrand, DeDoorns Naweek, Groenpunt Park en Strand