Salon Inligting

Tafelberg Fotografieklub

Wat is ‘n Salon?

‘n Salon is ‘n fotografie kompetisie waartydens meestal amateur fotograwe van die WesKaap, Suid-Afrika of selfs ander lande (afhangende van die tipe salon) deelneem.  Daar is gewoonlik ‘n hele paar duisend fotos wat ingeskryf word.  Dit is die verantwoordelik van PSSA om seker te maak die salonne word egalig, reg deur die jaar aangebied.

Klubs bied salonne aan as ‘n ekstra inkomste vir die klub en om fotografie te bevorder.  Die aanbieders van die salon besluit oor die aantal en tipe kategoriee (bv. landskappe, “monochrome”, ope) waarvoor fotograwe kan inskryf.

Daar is geen pryse wat gewen kan word behalwe medaljes en “bragging rights” vir die heel beste fotos nie.
Verder kan fotos ook benoem word vir Aanvaardings, COMs en kategorie wenners wat ‘n fotograaf in staat stel om na ‘n volgende ster status binne sy/haar klub te vorder.

Die beoordelaars ken slegs punte aan ‘n foto toe en lewer nie kommentaar soos tydens klub kompetisies nie.  Die ster status van die fotograaf is ook nie aan die beoordelaars bekend nie.

  • Top 20 % per kategorie behaal ‘n Aanvaarding (1 punt)
  • Top 2 % per kategorie behaal ‘n COM (Certificate of Merit) (2 punte)
  • Die wenner ontvang ‘n medalje (3 punte)

Die lys van nasionale en internasionale salonne waaraan deelgeneem kan word is beskikbaar by www.pssa.co.za.

Onthou elke salon kan verskillende reëls en instruksies hê.  Maak dus seker dat jy dit volg.

Salon Kalender

Die lys van nasionale en internasionale salonne waaraan deelgeneem kan word, is beskikbaar op die PSSA webblad.

Die uitslae van die verskillende salonne kan ook daar afgelaai word.

Onthou elke salon kan verskillende reels en instruksies hê.  Maak dus seker dat jy dit volg.

Hoe skryf ek in?

Fotos word ingeskryf deur van Photo Vault gebruik te maak.
Die persoon moet geregisteer wees op Photo Vault om fotos te kan oplaai vir salonne.

Hoe registreer ek as Photo Vault gebruiker?
Hoe laai ek fotos op Photo Vault? (Dokument word hersien, epos tafklub@gmail.com vir navrae)
Hoe skryf ek my Photo Vault foto vir ‘n salon in?