Wat is ‘n Salon?

Elke klub bied sy eie kompetisie aan, maar ‘n Salon is ‘n nasionale en internasionale Fotokompetisie. Die nasionale Salonne word deur PSSA gekoördineer.

‘n Salon is ‘n fotografie kompetisie waartydens meestal amateur fotograwe van die Wes Kaap, Suid-Afrika of selfs ander lande (afhangende van die tipe salon) deelneem.  Daar is gewoonlik ‘n hele paar duisend foto’s wat ingeskryf word.  Dit is die verantwoordelik van PSSA om seker te maak die salonne word egalig, reg deur die jaar aangebied en volgend dieselfde reëls beoordeel word.

Salonne word deur klubs aangebied. Behalwe dat ʼn salon ʼn addisionele inkomste aan ʼn klub besorg , is dit ʼn eer vir ʼn klub om ʼn salon aan te bied.  Die aanbieders van die salon besluit oor die aantal en tipe kategorieë (bv. landskappe, “monochrome”, ope) waarvoor fotograwe kan inskryf.

Na beoordeling ontvang die beste 20% inskrywings van elk kategorie ʼn salon aanvaarding. Dit is n eer as jou foto die top 20% van ʼn kategorie  behaal. Die wenners ontvang normaalweg ook medaljes.

Daar is PSSA toekennings vir mense wat ʼn sekere aantal salonaanvaardings bereik . Daar is bv. Diamant toekennings ens. Sien PSSA se webblad hieroor.

Salonaanvaardings help ook om lede se sterstatus in hulle eie klub te verbeter.

Die beoordelaars ken slegs punte aan ‘n foto toe en lewer nie kommentaar soos tydens klub kompetisies nie.  Die ster status en naam van die fotograaf is ook nie aan die beoordelaars bekend nie.

  • Top 20 % per kategorie behaal ‘n Aanvaarding (1 punt)
  • Top 2 % per kategorie behaal ‘n COM (Certificate of Merit / Merietetoekenning) (2 punte)
  • Die wenner ontvang ‘n medalje (3 punte)

Die lys van nasionale en internasionale salonne waaraan iemand kan deelneem,  is beskikbaar by www.pssa.co.za.

Hoe skryf ek in?

  • Fotos word ingeskryf deur van Photo Vault gebruik te maak